





Die Omgewing
Arlanc
is
geleë in 'n vallei in die hartjie van die Parc Naturel Régional
Livradois-Forez, en word beskerm deur die Forez- en Livradois-berge, en die
plato van La Chaise-Dieu. Drie riviere vind hulle weg deur die dorp. Dit is
amper asof die
inwoners eendag moes vergader het om name te vind vir die riviere en, bang dat
hulle nie drie verskillende name sal onthou nie, die riviere Dore, Dorette and Dolore
gedoop het. Die name van die eindelose stroompies wat in die riviere
invloei, is egter aan die verbeelding oorgelaat.
Sewe uit die tien kerke in die onmiddelike omgewing van Arlanc dateer uit die 12de eeu.
Twee
minute se stap bring 'n mens by die pragtige Eglise
St. Pierre wat dateer uit die 12de eeu. 'n Paar minute verder is die Musée
de la Dentelle (kantmuseum) en die unieke Jardin pour la Terre, 'n
reusagtige tuin uitgelê volgens 'n antieke wêreldkaart.
By die kantmuseum kan die ou kuns van klos-kant herontdek word.
Op
'n reis om die wêreld in die Jardin pour la Terre sal u verskillende inheemse
plante van elke land in die wêreld ontdek.

Dag-ekskursies kan
onderneem word na Ambert om die Moulin
Richard de Bas te besoek, waar papier nog steeds op
dieselfde manier met die hand gemaak word as eeue gelede, of die Musée de la Fourme
d'Ambert, opgedra aan die vervaardiging van die uitstekende plaaslike kaas;
die katedraal in La Chaise-Dieu waar 'n jaarlikse internasionale
klassieke musiekfees gehou word aan die einde van Augustus, sy ego-saal en
tapisserieë wat dateer uit die Middeleeue; Le Puy-en-Velay met sy
merkwaardige vulkaniese rotsformasies, elkeen met of 'n groot beeld of 'n kerk
bo-op; of Vichy bekend vir sy spa's en water; St. Nectaire met sy
kerk en ook kaas met dieselfde naam; of Thiers waar die hoogste
gehalte messegoed gemaak word die afgelope 5 eeue; of Cheyrac
om die tuin, Le Jardin des
Nielles, te besoek waar plante gekweek word vir die vervaardiging van
essensiële olies.
DOLORE - Die Dore en die Dolore kruis deur Arlanc voordat hulle verder inmekaar vloei. "Ar-len" beteken "tussen twee riviere" in pre-Gallies.
PAPIER - Die knoppies aan die linkerkant en die agtergrondprentjies is detail van handgemaakte papier van die Moulin Richard de Bas wat ook daar te koop is.
![]()
MEER FOTO'S
|
Die kersielaning in ons tuin |
Die oorsprong van die Dore |
|
Gotiese brug naby Marsac-en-Livradois
|
Panorama-uitsig op St. Saveur-la-Sagne |
"Sampioene in ons woude? Rêrig?" |
Majestueuse Cèpe |
Bergstroompie naby die kapel van Ste. Elidie
![]()