|
NFafr maaltye
|
Ontbyt en Aandete
Kontinentale onbyt is ingesluit in die prys van die kamer.
Opsionele aandete is ook beskikbaar teen 25 € per persoon. Kliek op die knoppies om voorbeelde van spyskaarte te sien wat u kan verwag by Ma Cachette.
Slegs een spyskaart word voorberei per ete.
Die geregte wat tydens aandete bedien word, is ietwat eklekties en word voorberei van vars produkte wat op daardie stadium beskikbaar is. Egte streeksdisse soos chou farci (groen Savoy-kool gevul met gemaalde vark- en kalfsvleis) word bedien, asook geregte soos gebraaide salm op 'n blaardeegkors met spinasie en vars aspersies, bedek met 'n beurre blanc-sous van wyn en sjalot.
Sterk klem word ook gelê op vars slaaie soos die peer-en-andyvieslaai met 'n framboos-asyn en okkerneutolie-vinaigrette en vars okkerneute bo-op gesprinkel.
Nageregte word tuis gemaak en sluit vars roomys, sorbet en profiteroles in, om maar net 'n paar te noem.
Plaaslike kase van hoë gehalte word aan die einde van elke maaltyd bedien.
Afrikaans Tuisblad - Kamers - Huis & Tuin - Omgewing
Skakels - Tariewe - Ligging - Bespreking
Français - English - Hoof Tuisblad
![]()
|
© Ma Cachette Chambres d'Hôtes 2002 Your hosts: Johan et Pierre
|