|
Comfortable Chambres d'Hôtes Bed & Breakfast in the heart of the Auvergne of France. Enjoy a perfect hideaway with luxurious bedrooms, private bathrooms and scrumptious dinners.
Ma
Cachette Chambres d'hôtes Bed & Breakfast Gastehuis B&B France Kamers
Huis & Tuin Omgewing
Maaltye Skakels Tariewe
Ligging Bespreking
Français English
Homepage
  
Welkom
Ongelukkig
kan jou sagteware nie "frames" hanteer nie, maar ons wil graag hê jy
moet ons webwerf geniet en stel voor jy gebruik die skakels onderaan.
Ma Cachette-gastehuis
is geleë in die hartjie van Frankryk, in die Parc Naturel Régional
Livradois-Forez in die Auvergne.
Benewens die
asemrowende natuurskoon, is daar talle interessante besienswaardighede,
staproetes in die berge, wilde sampioene in die woude wanneer die seisoen dit
toelaat, heelwat internasionale kulturele feeste in die somer en ski-aktiwiteite
in die winter.
Vir die minder
avontuurlustiges is Ma Cachette 'n ideale skuilplek met 'n private tuin
en die sitkamer en TV-kamer tot die beskikking
van die gaste.
Kliek op die knoppies
aan die onderkant van die bladsy om na die kamers
te kyk, die omgewing te verken, uself te
verlustig in die voorbeelde van spyskaarte wat
voorgesit word vir aandetes en beplan u besoek met die vele skakels
wat ons gevestig het.
Besprekings en navrae
oor beskikbaarheid van kamers kan ook gedoen word met ons besprekingsvorm.
Neem u tyd om te kyk
wat ons bied en laat ons asseblief
weet wat ons kan doen om die webwerf te verbeter en natuurlik ook om u
toekomstige besoek aan Ma Cachette onvergeetlik te maak.
Groetnis
U gashere
Johan en Pierre

   
   
 

Tuisblad
Kamers - Huis
& Tuin - Omgewing - Maaltye
Skakels
- Tariewe
- Ligging - Bespreking
Français - English
- Hoof Tuisblad
Ma
Cachette 'Cuisine'
Terug
boontoe
vonkpos

home
kamers
huistuin omgewing maaltye
skakels tariewe ligging
bespreking ekaarte
|