Aandete
Aandete moet vooraf bespreek word en is beskikbaar teen 28 € per persoon. Kliek op die knoppies om te kyk na voorbeelde van geregte wat u kan verwag by Ma Cachette.
(LET WEL: Slegs een spyskaart word voorberei per ete)
Die "eklektiese" spyskaarte word aan huis voorberei en word saamgestel na aanleiding van die beskikbaarheid van vars produkte volgens die seisoene.
Sterk klem word ook
gelê op vars slaaie soos die peer-en-andyvieslaai met 'n framboos-asyn en
okkerneutolie-vinaigrette en vars okkerneute bo-op gesprinkel.
Egte streeksdisse soos
chou farci (groen Savoy-kool gevul met gemaalde
vark- en kalfsvleis)kan verwag word, asook geregte soos gebraaide salm op 'n blaardeegkors met spinasie en
vars aspersies, bedek met 'n beurre blanc-sous.
Plaaslike AOC kase van word bedien.
Ook die nageregte word tuis gemaak en sluit in vars roomys, sorbet of Pere in wit wyn met speserye, om maar net 'n paar te noem.
![]()