





Welkom !
Ma Cachette (=My Skuilhoek) is geleë in die hartjie van Frankryk se Auvergne streek. Ons is in 'n vallei met die Livradois berge aan die een kant, en die Forez aan die anderkant. Ons maak dus deel uit van die pragtige Parc Naturel Régional Livradois-Forez .
Benewens die asemrowende natuurskoon, is daar talle historiese besienswaardighede, staproetes hier naby en in die berge, wilde sampioene in die woude wanneer die seisoen dit toelaat, heelwat internasionale kulturele feeste in die somer.
Ons raai gaste sterk aan om 'n motor te huur om sodoende die vele besienswaardighede self maklik te kan verken.
Vir die minder avontuurlustiges is Ma Cachette 'n ideale kuierplek met sy interressante tuin en 'n gemaklike sitkamer tot die beskikking van die gaste.
Kliek op die knoppies aan die linkerkant om na die kamers te kyk, die omgewing te ontdek, uself te verlustig in die voorbeelde van spyskaarte wat voorgesit word vir aandetes.
Indien u na ons " huisblog " wil kyk, kliek op : "La vie Ma Cachette". As u die Arlanc
blog wil sien, kliek op
ARLANQUOI2NEUF?!!
U kan ons
direk
skakel by : + 33 (0)4.73.95.04.88
- As u van buite Frankryk skakel laat die 0 in hakies, voor die 4 weg -
gebruik u 'n telefoon hier in Frankryk, sit die 0 voor die 4 terug. Om ons te kontak, kliek op die wiegende
geel "e" :
Vriendelike
groete en " à bientôt " ? U gashere, Johan en Pierre ( en natuurlik Fritz, le kat ) NS : Ons bied nou gratis WiFi Internet Toegang vir ons gaste aan.
of gebruik die
besprekingsbladsy.